fbpx

Die gebruik van turksvye hou vele voordele in vir die veeboer. Dit is n ideale voedingsbron vir beeste en skape. Baie navorsing is daaroor gedoen. In ons program van 1 Augustus gesels ons hieroor met Dr Herman Fouché. Hy verskaf waardevolle inligting oor die gebruik van turksvye en die waarde daarvan onder meer as ruvoer.

Roelof Smit, Bemarkingsbestuurder van Van’s Lab praat oor die monitering, regstelling en bestuur van soute wanneer dit by besproeiing kom.

Lindi Grobler, Direkteur van Agri Alchemi verduidelik hoe blaarmonsters geneem moet word . Moenie die blaarmonsters agter op die bakkie se laaibak los in die son nie. Stuur dit so gou moontlik in vir ontleding.

Leon Oosthuizen van Waterwise Liners gesels oor deurligting van jou silo en die regulering van vog.