fbpx

Die beskerming en verantwoordelike gebruik van ons hulpbronne is geen nuwe nuus vir ons landbouers nie. En van Rentmeesterskap kan jy hulle min dinge leer, hulle is ware meesters op daardie gebied. In ons program van 2 Augustus gesels ons met Dr Chris van Dijk oor die belang van skoon en oordeelkundige gebruik van water in die suiwelbedryf.

Kobus Bester van Vleisberg Simbras gesels ook oor die gebruik van hulpbronne en die korrekte bestuur daarvan.

Dan gesels Gert Brits, President van die Santa Gertudis Beestelelersgenootskap oor die groei van die ras en die waarde van hierdie beesras in kruisteling.