fbpx

Daar word mos gesê dat jy moet boer met die skaap of beesras waarvoor jy lief is en wat aangepas is vir jou boerdery omgewing. Maar as jy sê dat die skaapras onder jou ‘vel kom inkruip het en dat die skaapras jou gekies het’ dan moet jy weet, hierdie boerdery gaan vir n lang tyd deel van jou boerdery wees. So sê Boemie Saaiman van Ochre Meatmasters. Boemie boer tussen Richmond en Victoria Wes en dit is in daardie omgewing waar sy Meatmasters gedy. Hy verskaf ook inligting oor die Nasionale Meatmaster veiling binnekort.

Jean du Plessis van Elandsnek Meatmasters praat oor die positiewe invloed van die Damaraskaapras en Dorper skaapras tov die ontstaan van die Meatmasterskaapras. Luister ook fyn vir inligting oor die sesde Askam Veiling wat om die draai is.

Johan Barnard van Johanri Dormers gesels oor vleis en karkaskwaliteite en Dr Johnny vd Merwe, Direkteur van AMT verskaf inligting oor graan en lewendehawe pryse.