Grond is n netwerk van interaktiewe organismes binne die aarde se oppervlaklaag wat plant en dierelewe bo-op die grond ondersteun. Dit is n lewende ekostelsel. In ons program van 29 Augustus gesels ons hieroor met Dr Hendrik Smith, Bewaringsfasiliteerder by Asset Research. Hy bespreek die effek van grondversuring op gewasproduksie.
Prof Leon van Rensburg, Direkteur en Stigter van Van’s Lab praat oor die integrasie van grondfisiese eienskappe met chemiese eienskappe en hoe dit gedoen word. In hul laboratorium word vyf stappe gevolg.
Evan McColl, Molukulêre Wetenskaplike by Scicorp gesels oor die toetse wat hul doen en dienste wat hul bied aan die produsent.
Dr Garry Patterson, Navorsingshoof Grondkunde by die LNR verskaf inligting oor die evolusie van gronddata.