fbpx

Baie van die lesse wat jongboere by hul pa, ma, oupas en oumas geleer het staan nie geskryf tussen die blaaie in boeke nie. Dis waardevolle inligting wat van een generasie oorgedra word na die volgende. In ons program van 31 Augustus gesels ons met Willem van den Berg van die Sterkfontein Meatmaster Stoet naby Wepener. Willem se pa het vir hom geleer dat ‘n mens se oog nooit lieg’ nie en dat dit belangrik is om daardie aspek te onthou wanneer jy jou diere selekteer. Willem praat oor die aanpasbaarheid van die Meatmaster skaapras, die skuif van diere van oos na wes en wat gebeur as jy diere van die weste van die land skuif na die oostekant toe.

Kobus du Plessis, Veekundige by Feedtek gesels oor stelsels vir die uitgroei van Boerbok-vervangingsooie. Hy sê onder andere dat goeie seleksie aan jou gehalte vervangingsooie sal besorg wat jou kudde geneties sal laat vorder.

Stephanus Malan van die Paardefontein Boerbokstoet is ook n lid van die Doornpoort Genetics Groep. Hy gesels oor hul samewerking en ondersteuning, opleiding van jong boere en nuwe toetreders en hul veilings waar hoogstaande boerbokgenetika aangebied word.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT verskaf inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse.

Tune in to your favorite community radio station or listen to the program on your cell phone or computer using the Landbou Radio SoundCloud link. Farm with joy.

To book an interview, contact us on landbouradiog@gmail.com