fbpx

Daar is n dreigende donkerwolk wat oor ons wildbedryf hang want daar is n nuwe witskrif op die bewaring en volhoubare gebruik van SA se biologiese diversiteit en dit lyk asof daar n moontlikheid is dat wild eventueel onteien kan word. In ons program van 8 September gesels Gerhard Heyneke, Voorsitter van die WRSA hieroor en verskaf inligting oor n petisie teen hierdie voorgestelde witskrif.

Dr Ilse Trautmann, Voorsitter van die Redaksionele Kommitee aan die Wes-Kaapse Dept van landbou gesels oor hul nuwe Agri-Probe tydskrif. Dis propvol goeie landbou leesstof.

Dr Corrie Avenant van die ATKA Boerbok, Dorper en Witdorperstoet naby Williston gesels oor hul stoet en die belang van prestasiemeting.

Mellisa du Toit, Direkteur van Meljin Energy gee goeie advies oor die installering van solar energie en Jan-Adriaan Cordier van Spotbot praat oor hul veiligheidstelsel op plase.