fbpx

Wynproe in nasionale en internasionale kompetisies verg kundigheid en is n hele wetenskap op sy eie. Jou tong kan soet, bitter en soutsmake op verskillende plekke op jou tong proe. In ons program van 12 September gesels ons andere hieroor met Dr Winnie Bowmann, Kaapse Wynmeester en Paneelsameroeper van die Top 10 Sauvignon Blanc 2022 kompetisie. Sy vertel ons meer oor die evalueringsproses om die wenner te bepaal asook inligting oor die Concours Mondial du Sauvignon internasionale kompetisie wat volgende jaar in SA plaasvind.

Janro Oelofse, Bestuurder Navorsing en Ontwikkeling Agraforum verskaf inligting oor die unieke molekules vir gewasproduksie wat fundamentele fisiologiese prosesse in die plant beïnvloed.

Dirk van Zyl, Wynmaker van Saxenburg praat oor herlewingslandbou in die wynbedryf en Dr Willem Jansen van Rensburg, Navorser LNR Industriële Gewasse kampus gesels oor Cannabis en navorsing wat hulle doen.