fbpx

Daar is altyd n goeie rede waarom daar ou koeie in jou kudde is. Een van die redes is dat die koei hoogs produserend is, en van die beste genetika ‘dra’. In ons program van 27 September gesels ons met AJ du Toit van La Rohne Limousine Stoet naby Tulbach in die Wes-Kaap. Hy vertel ons dat een van sy koeie wat deur die LNR genomineer is vir die jaarlikse Elite koei toekennings, al 18 jaar oud is, 16 kalwers gespeen het, 3 Suid-Afrikaanse kampioene opgelewer het en die moeder is van die bekende bul Mazeratti.

Jan Jacobs van die Frian Nguni Stoet naby Groblersdal gesels oor die bestuur van hul vroulike kudde, lê klem op die feit dat boerdery n besigheid is en dat rekordhouding van kardinale belang is. Hy verskaf inligting oor die koei AVM 6368 wat genomineer is in die LNR se Elite koei toekennings. Hierdie koei spog met n TKP van332 dae oor 16 kalwers wat toon dat sy bo-gemiddelde teelwaardes het.

Johan Odendaal, Senior Beoordelaar by SAFJA praat oor die proses wat gevolg word wanneer karkasse beoordeel word op vetveeskoue. Skape en beeste word in groepe ingedeel en daar is verskeie kriteria waarvolgens die diere op die hoef en die karkasse daarna beoordeel word.

Prof Michiel Scholtz, Spesialis Navorser in Toegepaste Diereteeld by die LNR Diereproduksie kampus gesels oor die Elite koei toekennnings vir 2022 en hoe die koeie geidentifiseer word.

Duvan Papenfus, Direkteur van Agri Alert praat oor hul veiligheidstelsel wat veediefstal se moses is en hoe hul moniteringstelsel werk.

Tune in to your favorite community radio station or listen to the program on your cell phone or computer using the Landbou Radio SoundCloud link. Farm with joy.

To book an interview, contact us on landbouradiog@gmail.com