fbpx

Wat vir een skaapboer werk, werk dalk nie vir n ander nie. Die omgewing verskil, die klimaat verskil en boerdery praktyke word verskillend toegepas. Een ding wat vas staan is dat goeie genetika in jou kudde en goeie bestuur op die ou einde vir jou n paar sente ekstra in jou beursie sal verseker. In ons program van 28 September gesels ons met Johan Barnard van Johanri Dormerstoet naby Lindley. Hul het onlangs veiling gehou en n nuwe SA rekord is opgestel vir die duurste Dormer ram wat vir R510 000,00 verkoop is. Ooie het ook nuwe SA rekords behaal met pryse van R180 000,00 en R130 000,00 asook die duurste kommersiële ooi wat vir R22500,00 verkoop is. Johan sê “hou by jou bestuursplan, leef jou passie uit en pleit dat boere in hierdie tyd nouer moet saamwerk en saamstaan.” Geluk Johan.

Marius Eksteen van Hatari Dormer stoet gesels oor die bestuur van hul ramme en hoe hul die Suffolk skaapras inkorporeer in hul boerderystelsel.

Jody Wentzel, Ramprisiko Bestuurder by die Wes-Kaapse Departement van Landbou verskaf inligting oor hul bestuursprogram rakende sprinkaanplae in die provinsie en watter voorsorg maatreëls daar in plek is in die komende maande.

Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT gesels oor die jongste graan en lewendehawe pryse en wat die drywers agter hierdie prysbewegings is.

Tune in to your favorite community radio station or listen to the program on your cell phone or computer using the Landbou Radio SoundCloud link. Farm with joy.

To book an interview, contact us on landbouradiog@gmail.com