fbpx

Die ledetal van die SA Miniatuurperd Vereniging is aan die groei en die vraag na hierdie perderas styg steeds. Wanneer dit by teling kom, dan word daar gebruik gemaak van wetenskaplike maniere sodat die regte besluite geneem word. In ons program van 29 September gesels ons hieroor met Coralezet Erasmus, President van die SA Miniatuurperd Vereniging. Sy verskaf ook inligting oor die toetsing vir Dwergisme en sê dat daar 4 geïdentifiseerde tipes Dwergisme is. Hou die nuusblaaie dop, die SA Miniatuurperd se Nasionale kampioenskappe vind plaas 8 en 9 Oktober by Stokkiesdraai naby Brits.

Michelle Lezur, HUB van Andermatt Madumbi praat oor biologiese oplossings vir die landbou en Dr Ben Greyling, Senior Navorser by die LNR se Diereproduksie Kampus gesels oor die genetiese variasie van buffels op wildplase. Daar is navorsing gedoen en Ben het vir ons goeie nuus oor die uitslag tov die navorsing.

Dr Wilhelm Schultheiss praat oor Afrika en Asiatiese Rooiwater en verduidelik hoe jy bosluise kan beheer. Hierdie beheer sluit ook n goeie weidingsplan in en maan dat dipmiddels oordeelkundig gebruik moet word.

Tune in to your favorite community radio station or listen to the program on your cell phone or computer using the Landbou Radio SoundCloud link. Farm with joy.

To book an interview, contact us on landbouradiog@gmail.com