“Die MPO streef daarna om n volhoubare en winsgewende bedryf vir die primêre produsent te bewerkstellig en dat die organisasie met die regering en belanghebbendes in die melkindustrie saamwerk om die produsent in die suiwelwaardeketting te dien. “ So sê Fanie Ferreira, nuwe Bestuurshoof van die MPO wat onlangs in hierdie pos aangestel is. Die uitdagings in die bedryf is nie onbekend nie, hoë insetkostes, die melkprys wat aansienlik laer as die internasionale melkpryse is en die stryd teen nagemaakte melkprodukte en ander mengsels is van die jakkalse wat die ‘wingerd’ verniel. Verbruikers moet seker maak dat die suiwelprodukte wat aangekoop word die ‘ware Jakob’ is.
Suretha Francis, Spesialis Adviseur by SA Stamboek gesels oor die jaarlikse Logix Elite toekennings wat binnekort plaasvind en Jan-Adriaan Cordier, Bestuurder van Spotbot verduidelik die voordele van hierdie sekuriteitstelsel.
Isobel van der Stoep, Landbou Ingenieur by Cherry Irrigation praat oor waterkwaliteit en sê datdit n groter effek op ons besproeiingsboerdery het as wat mens dink. Dit het n direkte invloed op grond sowel as plant en die besproeiingstelse.
Mellisa du Toit, Direkteur van Meljin Energy verskaf inligting oor hul dienste asook die rol wat Meljin Energy tans in die energie krisis speel.
Tune in to your favorite community radio station or listen to the program on your cell phone or computer using the Landbou Radio SoundCloud link. Farm with joy.
To book an interview, contact us on landbouradiog@gmail.com