fbpx

“Droogte vernietig jou menswees. Sommige mense sit skouer aan die wiel en probeer elke dag aanpak met die hoop dat daar in hierdie dag uitkoms sal wees en ander verloor heeltemal moed.” Dit is die woorde van Hester Obermeyer, Droogtehulp Koöordineerder van Manna vir die Boere. In ons program van 10 Oktober praat sy oor die voortslepende droogte in byvoorbeeld die Karoo, in Oudshoorn en Sutherland omgewing. Die droogte is NIE gebreek nie. En daarmee saam hang die swaard van n groter sprinkaanplaag as verlede jaar se plaag oor hul koppe. In Augustus is die eerste vlieërs al opgemerk, wat kommerwekkend is. Diesel, goeie voedsame voer en hulpmiddels om die sprinkane te beheer word dringend benodig.

Jadin Joubert, Streeksverkoopbestuurder by PacSys gesels met ons oor landbou-hommeltuie en die bespuiting van suikerriet. Hommeltuie word toenemend in die landbou gebruik en die gebruik daarvan hou vele voordele in.

GP Schoeman, Uitvoerende Beampte van Agrisol praat met ons oor hul ‘Soil to Sap’ ontledings. Plantvoeding is kompleks. Hy verduidelik wat hierdie ontledings anders maak as normale grondontledings.

Japie Buckle, Besturende Direkteur van Hive Eco Systems verskaf inligting oor hul houtskoolprodukte vir dierevoeding asook grondgesondheid.

Tune in to your favorite community radio station or listen to the program on your cell phone or computer using the Landbou Radio SoundCloud link. Farm with joy.

To book an interview, contact us on landbouradiog@gmail.com