Die sleutelfaktor vir operasionele sukses en winsgewendheid in n koei-kalf produksiestelsel is goeie reproduksiedoeltreffendheid. Maar hoe vestig n mens so n stelsel en hoe evalueer jy so n stelsel? In ons program van 11 Oktober beantwoord Pieter Brönn, Veekundige van Feedtek hierdie vrae. Hy bespreek die reproduksiedoelwitte en maatstawwe wat nagestreef moet word.
Justin de Bruyn van Whitewater Brahamane naby Polokwane in die Limpopo Provinsie gesels oor die bestuur van sy kudde en spesifiek sy bulbestuurstelsel. Justin se bul H2O 20 0013 is deur die LNR genomineer vir die Nasionale Spesiale Toetsklas Toekennings. Hierdie uitstaande bul het n besonderse geskiedenis.
Duvan Papenfus, Kliënte en Diensbestuurder by Agri Alert verskaf meer inligting oor hul moniteringstelsel vir groot en kleinvee. Die stelsel word ook gebruik op wildplase. Met veediefstal wat net die hoogste inskiet is hierdie stelsel n pluspunt.
Dr Joubert Nolte, Nasionale Bestuurder Herkouers Meadow Feeds gesels oor Ketose in melkkoeie. Voeding speel n belangrike rol in die bestuur van melkkoeie en basiese voedingsnorme moet nie verwaarloos word nie.
Tune in to your favorite community radio station or listen to the program on your cell phone or computer using the Landbou Radio SoundCloud link. Farm with joy.
To book an interview, contact us on landbouradiog@gmail.com