fbpx

Prestasietoetsing is die grondslag van n suksesvolle veeboerdery.  Dit is nie iets wat jy eenkeer in nooit doen nie, dis n deurlopende proses. Dit is ook hoe jy die ekonomiesewaarde van jou kuddebepaal.  In ons program van 18 Oktober gesels on sonder anderehieroor met Dr Hentie Jansen Van Rensburg van die Demeter Afrisim Stoet naby Leeudoring stad. Hy vertel ons meer oor die begin jare van die Afrisimbeesras, die waarde van prestasie toetsing in hul kudde en hoe hulle seleksie toepas.

Christo Rothman van die Bushmans Mountain Tuli Stoet naby Venter stad in die hartjie van die Nama Karoo is onlangs deur die Tuli Beestelers genootskap aangewys as die wenner van die Stefan van Wykwisseltrofee . Christo verskaf baie waardevolle inligting tov teling en hoe wins gewendheid gemeet word. Christo is defnitief nie snoep met sy inligting nie.

Ampie Rossouw van die Au Aubidus Brahman Groeppraat met ons oorhul samewerking, opleiding en prestasie toetsing. Hul hou binnekort veiling en die diere op aanbod is ‘uit die boonsterakke’

Mia Steyn, Produksiebestuurder Herkouers by Kemin Industries gesels oor en kapsuleringstegnologie, wat dit beteken en hoe hierdie tegnologie verbandhou met presisie-voeding.

By admin