Die hele sisteem van die herkouer is gegrond op die rumen en hoe beter ons die rumen kan laat ontwikkel as die diere jonk is hoe beter hul prestasie in later jare. Daar is n paar basiese beginsels wat gevolg kan word soos bv, sorg vir genoegsame en skoon water en goeie vesel moet voorsien word sodat spierontwikkeling van die rumen kan plaasvind. In ons program van 19 Oktober gesels ons hieroor met Dr Johan van Rensburg. Hy beklemtoon dat die basiese dinge reg gedoen moet word. Hy beantwoord ook die vraag of die rumen kan herstel nadat dit beskadig is.
Neil Dry, Direkteur van Nieman Varkboerdery naby Magaliesburg praat oor die belangrike aspekte van n varkboerdery. Voor jy met hierdie boerdery begin, doen jou huiswerk, bepaal watter mark jy wi betree, stel vir jou mikpunte vir produksie, doen kennis tov voeding, reproduksievermoë van die diere en beplan die behuising.
Andries Greyling van die Charfontein Dohne Merino stoet verskaf inligtig oor hul geskiedenis. Hy bespreek die belang van Blub syfers maar sê daar moet n balans tussen fenotipe en genotipe wees. Geld kan nie aanpasbaarheid koop nie en jy moet daarvoor selekteer.