Kuilvoermonsterneming is een van die belangrik easpekte wat oorweeg moet word in n suksesvolle kuilvoer produksie. n Kontrolelyssal die monsterneming proses heelwat vergemaklik. In ons program van 24 Oktober gesels ons hieroor met Richardt Venter, Direkteur van AgSci Unlimited. Hy praatoor die toerusting wat gebruik word, die verskillende tipes kernbore, die aantal monster wat geneem moet word (tussen 9 en 15), die vermenging van die kuilvoer asook die verpakking en verseëling van die kuilvoer.
Lesley Marthinussen van die Risiko Bestuur Eenheid by die Wes-Kaapse Departement van Landbou praat oor hul strategie om die sprinkaanplaag wat tans dele van ons land teistertebestry. Hy verskaf ook inligting oor die middels wat gebruik word en die hulp wat hul aan boere bied.
Hentie Breedt, Bemarkings bestuurder by John Deere en Andries Duvenhage van Syngenta SA gesels oor hul gesamentlik einisiatief genaamd Knowledge Hubs en die geleenthede wat fokus op presisielandbou.
Wykievd Merwe van United Seeds praat oor verskillende gewasse wat geskik is vir die maak van kuilvoer.