fbpx

Daar is verskillende metodes om monsters van jou kuilvoer te neem. Dit hang af watter vorm van kuilvoerbewaring jy gebruikbunkers, kuilvierbale of bunkers. In ons program van 31 Oktober gesels ons hieroor met Richardt Venter, Direkteur van AgSci Unlimited. Hy verduidelik dat hoe groter die bunker, hoe meer monsters geneem moet word en nadat jy die monsters geneem het moet die monsternemingsgate ordentlik geseêl word. Nou hoe gemaak met swak kuilvoer? Richard beantwoord ook hierdie vraag.

Robbie Eksteen van Saamstaan boerdery in die Wes-Kaap gesels oor hul sorghum-kuilvoer wat hul gemaak het en praat oor die moets en moenies wanneer kuilvoer gemaak word.

Gertrude Jacobs, Projekbestuurder Landelike Ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou verskaf inligting oor hul projekte en die Agrifemina geleentheid wat hul aangebied het vir vroulike plaaswerkers.

Marizelle Topham, Nasionale Verkoopsbestuurder by Euforia Telecom verskaf inligting oor hul kommunikasie stelsels op plase. Hierdie stelsel kan gebruik word vir skakeling tussen byvoorbeeld die kantoor en die pakhuis. Maar die moontlikhede is legio.

By admin