fbpx

In vandag se tyd kan n mens nie sonder n besigheidsplan en bestuursplan boer nie. Sonder deeglike beplanning gaan dit wees soos n skoot wat jy in die donker aftrek sonder om te weet waar die teiken is. Almal van ons weet dat boerdery n besigheid is, daar is nie plek vir speletjies nie. In ons program van 2 November gesels ons onder andere hieroor met André Barnard van Toorwater Boerbokstoet naby Willowmore. Hy gesels oor die waarde van n ondersteuningstelsel en hoe die Karooboerbok Klub se lede mekaar bystaan en help.

CJ Badenhorst van Op Vakansie Boerdery gesels oor Anatoliese Herdershonde, die teling van hierdie honde en die belangrikheid van opleiding, goeie voeding en gesondheidsorg. Een van die vrae wat gevra word is of so n herdershond hervestig kan word. CJ gee vir ons goeie raad.

Esjay Visser boer met Meatmasterskape in die Kenhardt distrik. Hul boer ekstensief met hierdie skape. Hy praat oor die karaktereienskappe van hierdie skaapras en verskaf ook inligting oor die Internasionale Meatmaster veiling wat binnekort plaasvind.

Dr Vincent Henwood, Adjunk Direkteur van die Wes-Kaapse Departement van Landbou praat oor invoere en uitvoere van lewendehawe en die prosedures wat gevolg moet word en Dr Johnny vd Merwe, Direkteur van AMT bring ons op hoogte van die jongste graan en lewendehawe pryse.

By admin