fbpx

By Augsburg Landbougimnasium word daar in die toekoms van ons jong andbouers belê. Hul bied geakkrediteerde landboukursusse aan sodat leerders bemagtig kan word met addisionele kwalifikasies. Aan die einde van hul skoolloopbaan help hierdie kursusse die leerlinge om werk te kry in die landbou industrie. Een so kursus is die Elsenburg Wingerdsnoei kursus. In ons program van 3 November gesels ons met David Nieuwoudt Direkteur van Ceres Wines, n oud-leerling van die skool, en vandag n wêreldbekende in die wynbedryf. David praat oor sy betrokkenheid by die skool, hoe hy hul help met die maak van hul Karookop wyne en die geleenthede wat gebied word aan die leerders om n loopbaan in wynboukunde, wingerdkunde, ensovoorts te volg.

Daar is onlangs n snoeikompetisie aangebied deur Vinpro en Felco. Dit het aan die leerders van Augsburg die geleentheid gebied om hul staal te wys as dit kom by die snoei van wingerd. Marius Smit, n graag 10 leerder het met die louere weggestap. Hy vertel ons meer oor hierdie kompetisie en wat hy daar geleer het.

Frans Loubser, Verkoops- en Tegniese Bestuurder by Felco vertel ons meer oor die geskiedenis van Felco. Hul besigheid is al meer as 60 jaar oud. Hy verskaf inligting oor hul presisie-gereedskap, die versorging van snoeiskêre en hul betrokkenheid by Augsburg Landbougimnasium.

By admin