Navorsing is n integrale deel van landbou. Daar word voortdurend gesoek na oplossings en metodes om landbou in alle sektore te verbeter. Een so oplossing wat gevind is om die opname van plantvoedingstowwe te verbeter is AnnGro, n omgewings-vriendelike produk. Dit bestaan uit nano?mikro funksionele draersisteme wat beide hidrofiliese en hidrofobiese bestandele kan verpak. In ons program van 7 November vertel Dr Riaan Buitendag, Direkteur van Agraforum SA ons meer oor hierdie produk en hoe die gebruik hiervan verhoogde graanopbrengs verseker.
Marthinus Rademeyer, Hoof Wynmaker by Bonnievale Wyne, praat oor hul praktyke wat hul toepas om die koolstofvoetspoor te verlaag. Hul het vroeër vanjaar n Silwer status toekenning ontvang met betrekking tot die bestuur van energie en water in hul kelder.
Johan Janse van Rensburg, Saad Tegnologie Bestuurder by Corteva (Afrika en die Midde-Ooste) gesels oor nuwe tegnologie tov saadbehandeling. Hy bespreek die PASSER-proses en hoe die produsent hierby kan baatvind.
Marie Branders, Wynmaker by Diemersdal Wynlandgoed praat oor hul werksaamhede op hierdie wynlandgoed, die opleiding wat aan jongmense gebied word en die geleenthede in die wynbedryf.