“As dit kom by die inkuiling van gewasse, kan geen boer bekostig om foute maak nie. Die tydsverloop van afsny totdat die material gekerf, gekompakteer en in die bunker geseël is, het n groot invloed op verliese en kuilvoerkwaliteit.” So sê Prof Robin Meeske, Spesialis Wetenskaplike by dit Outeniqua Navorsingsplaas naby George in die Wes-Kaap. In ons program van 21 November gesels hy oor verskillende kuilvoerprosesse en die aspekte van belang as dit kom by die maak van rondebaal kuilvoer.
Richardt Venter, Direkteur van AgSci Unlimited praat oor kompaksie. Dit is die proses om suurstof te verwyder uit die kuilvoer en hoe vinniger die suurstof verwyder word hoe beter is die kwaliteit van die kuilvoer.
Shane Simpson van Simpson & Son Farming is onlangs aangewys as die 2022 Santam Landbou en Plaasmedia Nasionale Kuilvoer kompetisiewenner. Shane is n vierde generasie boer en vertel hoe hul kuilvoer maak en dat dit vir hul absoluut belangrik is om kwaliteit kuilvoer te maak.
Deidre Louw, Bemarkings-Koördineerder van Plaasmedia gee vir ons terugvoer oor hoe die kompetisie verloop het en wie die wenners in elke kategorie was. Hierdie jaar was daar 106 inskrywings in die verskillende kategorië.