Daar is bevind dat die genetiese bydrae wat een bul na vier generasies lewer so hoog as 73% van die totale vroulike kudde uitmaak en as jy dit in ag neem is dit n enorme impak wat so n bul maak in jou kudde. Gebruik dus die regte bul en verkieslik n geregistreerde bul om genetiese verbetering te weeg te bring in terme van ekonomiese relevante eienskappe soos fenotipe, die stamboom van die diere en prestasietoetsing. In ons program van 22 November gesels ons hieroor met Kobus Bester van Vleisberg Simbras.
Marius Barkhuizen, Interras Beoordelaar en Keurder gesels oor die keuringsproses en hulp aan jong telers spesifiek in die Limousin Beestelersgenootskap. Hy verduidelik hoe so n proses verloop en sê dat die produsent ook betrek word tydens hierdie keuring. Marius sê ook dat om te skou en om te keur 2 verskillende dinge is. Elkeen het sy plek.
Dr Japie van der Westhuizen, Hoofbestuurder by SA Stamboek sê dat dit goed is as daar gemeet word om te weet, maar dat meting ook gaan oor bestuur. Jou meetings word data en dan moet jy iets met die data doen. Dit kan nie net tussen die blaaie van jou aantekeninge bly lê nie.
Louis de Wet van Marlofarms gesels oor hul Chianina stoet. Hy verduidelik wat die voordele is van KI en gesels oor die bestuur tov sy bulle.