fbpx

Die prys tans vir grondstowwe vir voerkrale soos mielies en hominy chop is hoog. Dieselfde tendens kom voor met proteienkonsentrate. Produsente neig om alternatiewe roumateriale te gebruik om goedkoper te produseer, maar is dit die moeite werd? Hierdie vraag word beantwoord in ons program van 28 November. Johan Mouton, Tegniese Bestuurder Navorsing en Ontwikkeling by Molatek maan dat jy jou somme moet maak en nie net jou ore uitleen na die planne wat gemaak word om n braaivleisvuur nie. Indien jy jou som moet oormaak om dit te laat klop, dink weer.

Prof Robin Meeske, Spesialis Wetenskaplike aan die Departement Landbou se Outeniqua Navorsingsplaas gesels oor die maak van mieliekuilvoer, hoe om die voginhoud te toets en die berging van hierdie kuilvoer.

Ockert Einkamerer van die Dept Vee, Wild en Weidingkunde aan die Universiteit van die Vrystaat praat oor aartappels as energievoer. Maak seker van die energiewaarde van hierdie gewas as veevoer.

Izanne Crous, Agronoom by Soill praat oor Canola, die toekoms van die gewas en die uitdagings rondom die verbouiing van Canola.

Itumeleng Langeni, Hoof Verhoudingsbeampte by MTO verskaf inligting oor hul Grondboonprojek en die suksesse wat behaal word.

By admin