Daar word n onderskeid getref tussen kunsmissoute wat in oplossing ioniseer teenoor byvoorbeeld plaagbeheermiddels wat meestal molekules is, Kunsmissoute het n soutindeks wat beteken dat water onttrek kan word uit die blaar na toediening en sodoende blaarbrand veroorsaak. Blaarvoeding is dus n hoogs doeltreffende praktyd waar voedingstowwe d.m.v n spuit oor blare toegedien word. In ons program van 5 Desember gesels ons hieroor met Dr Riaan Buitendag, Direkteur van Agraforum. Hy verduidelik hoe blaarvoeding deur die blaar opgeneem word en watter faktore in ag geneem moet word wanneer blaarvoeding toegedien word.
Gerrie Ludick, Tegniese Bemarking Spesialis by InteliGro praat oor toedieningspraktyke van landbouchemiese produkte en waterkwaliteit.
Duard Bruwer, Tegniese Bemarking Spesialis by WinField United gesels oor die toediening van plaagdoders en die spuitklinieke wat aangebied word in samewerking met InteliGro.
Dr Laura Roberts, Staatsveearts by die Wes-Kaapse Departement van Landbou praat oor die uitbraak van Haassiekte en wat boere moet doen as hul vermoed dat hierdie virussiekte teenwoordig is op hul plase.
Dr Ivan Meyer, Minister van die Wes-Kaapse Departement Landbou verskaf inligting oor die opknapping van hul veeartseny laboratorium en Tertia Erasmus, Direkteur van SciCorp praat oor plantteling.