Geen kortpaaie kan geneem word wanneer jy seleksie toepas in jou boerdery nie. Jy moet n goeie plan hê, dit moet op skrif wees en jy moet selekteer volgens jou omstandighede en omgewing. Omgewing beïnvloed reproduksie. Nou hoe kan lynteling gebruik word om jou kudde te verbeter? In ons program van 17 Januarie beantwoord Jonno Boshoff van Bosiu Borane hierdie vraag. Hy gesels oor sy Boran stoet asook hul kommersiële kudde.
Fanie Ferreira, Uitvoerende Hoof van die Melkprodusente Organisasie gesels oor hul strukture, watter dienste hul bied aan die produsente en hul planne vir die komende jaar.
Duvan Papenfus, Besturende Direkteur van Agri Alert verduidelik hoe monitoring van die stelsel werk en hoe hierdie stelsel veediefstal kan help bekamp.
Dr Didi Claassen, Uitvoerende Hoof, Tegnies en Bemarking by Afrivet, gesels oor Bruccelose, n hoogs aansteeklike soönotiese siekte wat in ons land n aanmeldbare siekte is. Daar is verskillende soorte, vir skape, varke en vir beeste. Laat gereeld jou kudde toets en koop jou diere aan by erkende veeboere.