fbpx

Dr Rhoda Malgas, n dosent in bewaringsekologie in die Fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch en stigter van die student gesentreerde Small Things Fonds het in Desember haar doktorsgraad ontvang. Haar phD fokus op landelike gemeenskappe wat n bestaan maak daaruit om inheemse rooibos en heuningbostee vanuit fynbosvelde te oes. In ons program van 23 Januarie vertel sy ons meer oor hierdie studie, hoe die studie gedoen is en wat die uitkoms daarvan is. Sy verskaf ook inligting oor die Small Things Fonds wat student sedert 2015 befonds en ondersteun. Dr Rhoda vertel ons van n paar suksesverhale …. Dis stories van hoop.

Ria Slabbert van Skimmelberg Rooibos en Buchu gesels oor hul boerdery, hoe Rooibos en Buchu geoes word in fynbosvelde en die belang van permitte.

Liamé van der Westhuizen, Navorser by die LNR Roodeplaat praat verder oor die Pompom onkruid wat besig is om ons landerye, omgewings en natuurreservate in te neem. Daar is n paar maniere van beheer naamlik biologies, meganies en chemiese beheer.

Marion Oosthuizen, Direkteur van Undercover Farming verskaf inligting oor hul Konferensie en Ekspo wat plaasvind op 21 en 22 Februarie. Waardevolle inligting word tydens hierdie geleentheid aan konferensiegangers gegee.

By admin