fbpx

Ons het al baie gesels oor Brucellose, maar ons kan nie genoeg beklemtoon dat hierdie siekte vir jou boerdery groot ekonomiese verliese inhou nie. Net een bees wat ingekoop word kan n hele kudde in n kort tydjie besmet. En om hierdie siekte uit jou kudde te kry en ‘skoon verklaar’ te kry, gebeur nie in n week of 2 nie. Dit is n komplekse siekte en as die bakterium in die selstelsels van die dier inkom, dan kan die immuunstelsel nie die organisme ‘sien’ nie. In ons program van 24 Januarie gesels ons hieroor met Dr Danie Odendaal, Direkteur Veeartsnetwerk. Hy beklemtoon die belangrikheid daarvan dat jou kudde gereeld getoets moet word. n Skoon kudde is n belangrike status. #agritvsa @AgriTV

Wors Prinsloo van Jolopahe Boran Stoet gesels oor die rasegte eienskappe van belang as jy suiwer stoetdiere wil teel. Hy verduidelik ook wat die waarde van KI in sy beesboerdery is en dat rekordhouding kernbelangrik is vir enige boerdery.

Rachelle Cloete, Direkteur van Leader Products verduidelik hoe hul aanlyn stelsel werk. Identifisering van jou diere is wet. Deur middel van hierdie stelsel kan jy nou self jou oorplaatjies van jou diere ontwerp, dit aanlyn deurstuur na hulle toe, hul druk die plaatjies en binne dae is jou bestelling oppad na jou toe.

Dr Ivan Meyer, Minister van Landbou in die Wes-Kaapse Regering praat oor die elektrisiteitskrisis. Voedselsekuriteit is in die spervuur en die impak wat beurtkrag op landbou het is enorm. Boerderye en agriwerkers kan veral in die oestyd nou, nie bekostig om sonder elektrisiteit te wees nie.

By admin