Daar is nie tyd vir sukkel wanneer skape geskeer word nie, jou skaapskeertoerusting moet reg wees en die skêre moet skerp wees. In ons program van 1 Februarie gesels ons onder andere hieroor met Izak Klopper, Bestuurder Skeerderopleiding by die NWKV. Hy verduidelik hoe die verskillende skêre, dis nou handskeer en masjienskeerskêre, versorg en geslyp word. Hierdie jaar vind die Wêreldskeerkompetisie weer plaas en ons knap wolskeerders gaan deelneem. Izak het n paar versoeke wat hy rig aan ons wolboere.
Chris Potgieter van Klaargoud Boerdery, gesels oor hul Meatmasterskape, hoe hul kampstelsels werk en die belang van goeie weiveldbestuur. Hy is ook lid van die Kalahari Karoo Groep wat binnekort veiling hou.
Lionel Whittal van Sandili Veldgoats praat oor die verskil tussen die eko-tipe Inheemse Veldbokke, waar hul in die land voorkom en hoe seleksie toegepas word.
Elize Visser van Jowilize Dorpers vertel ons meer oor haar Dorperstoet, en hoe sy intensief met hierdie skaapras boer. Sy maak ook gebruik van hoëdrukbeweiding.
Dr Johnny van der Merwe, Direkteur van AMT verskaf inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse.