fbpx

“Wanneer vorm meer gewig as funksie dra, moet jy weet dit gaan jou geld kos om funksie te ‘koop’. Mooi het n prys. Funksioneel is dalk meer winsgewend” So sê Gerrit van Zyl van Hanzyl Bonsmaras. In ons program van 7 Februarie gesels oor die konsep dat wanneer jy konsekwent selekteer vir funksie, die vorm van diere mettertyd outomaties voldoende binne daardie funksie sal presteer. Daar word ook n klip in die bos gegooi deur vrae te vra soos, “hoe lank gaan individuele prestasie per dier meer weeg as wins per hektaar?”
Dr Japie van der Westhuizen, Hoofbestuurder van SA Stamboom gesels oor n komplekse saak naamlik Epigenetika. Hy sê gee aandag aan die dragtige verse en ooie in vroeë ontwikkeling sodat oordrag en interpretasie van gene reg sal geskied sodat die diere hul volle potensiaal kan bereik.
Corné de Jager van Tierkloof Simmentalers gesels oor bulbestuur en die waarde van n Simmentaler bul in jou kommersiële kudde. Corné is lid van die Hooglandstudiegroep wat vroeg in Maart weer hul Jongbuldag aanbied.
Prof Michiel Scholtz, Spesialis Navorser by die LNR Diereproduksie Kampus verduidelik wat Epigenetika beteken en die rol wat dit speel in diereteelt.

By admin