fbpx

As n verwoestende veldbrand jou weiding afbrand is dit n ramp, en jou diere staan vir jou in jou oë staan en kyk asof hul vra “wat nou, waar gaan ons kos vandaan kom?” dan is daar nie genoeg woorde om die emosies te beskryf wat jy as veeboer in jou binneste ervaar nie. Planne moet gemaak word, nie more of oormore nie, maar vandag nog. In ons program van 15 Augustus gesels ons met Boetie Hattingh van die Kedleston Senepol Stoet naby Brandfort oor sy plan wat hy gemaak het om kos vir sy diere te voorsien. Hy het n klein stukkie grond gehad wat nie in die brand verwoes is nie. Toe pas hy hoëdrukbeweiding toe. Vandag is hierdie praktyk deel van sy boerdery. Boetie is ook die President van die Senepol Beestelersgenootskap. Hy gesels oor hul Nasionale Veiling wat binnekort plaasvind.

Johan Styger, Vise-President van die LRF verskaf inligting oor die 2023 Veeskool wat gehou word by Aldam en Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk praat oor na-doodse ondersoeke en hoe die proses verloop.

Adelle Rothman, Produksiebestuurder Mikronutriënte en dierevoeding by Virbac gesels oor presisie boerdery met inspuitbare spoorminerale vir volhoubare diereprestasie en gesondheid.

Dankie aan Boetie Hattingh vir die gebruik van jou mooi fotos. Sterkte met die veiling.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😊

By admin