Wanneer n skaapboerdery vanaf 1887 van een geslag na n ander oorgedra word, dan spits n mens jou ore om te luister na wat daar gesê word oor top genetika, goeie bestuur en prestasietoetsing. In ons program van 16 Augustus gesels ons hieroor met Jacques Pienaar van Mega Merinos. Tydens die Nasionale Merino Veiling wat onlangs plaasgevind het, is die ram Monster verkoop vir n bedrag van R250 000,00 Monster se pa was Mega Beast wat in n vorige Nasionale Veiling die SA Rekord behaal het met n bedrag van R300 000,00. Danie Strauss, Afslaer van BKB gee terugvoer oor die Nasionale Merino Veiling en hy verduidelik ook die verskil tussen die voorbereiding vir n nasionale veiling en n produksieveiling.
CP Kriek van Taaibosch Genetics gesels oor die bestuur van sôe en wat hul mikpunt is vir die sôe in die jonghuis. Kyk mooi na jou sôe, hul voerinname, gewig, groei en maak seker dat hul skoon water kry. Hou jou vinger op die pols.
Frits Hoogendijk van Zambesiaka Meatmaster Stoet is ook die Voorsitter van die Transveld Meatmaster klub. Dit is die oudste Meatmaster klub in die land. Hul hou binnekort veiling en bied n boeredag aan wat nuwe toetreders en belangstellendes nie moet misloop nie.
Dankie aan Jaques Pienaar, Danie Strauss en CP Kriek vir die gebruik van jul fotos.
Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😊