Hierdie is goeie nuus! “Dit gaan goed met die volstruis industrie en daar is groei in die bedryf. Daar is n groot aanvraag in die buiteland na volstruisvere en velle.” So sê Dr Dirk Troskie, Direkteur Besigheidsbeplanning en Strategie by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. In ons program van 24 Augustus gesels ons oor die navorsingsplaas naby Oudthoorn wat die enigste volstruisnavoringsplaas ter wêreld is. Jaarliks vind daar ook n veiling plaas en die volstruise word met teelwaardes aangebied. Hul word geselekteer vir belangrike ekonomiese eienskappe soos onder andere eierproduksie, vel en vere.
Dr Paul Booyens is n Wetenskaplike en Navorser. Hy het n studie gedoen om vas te stel of leeus wat in aanhouding geteel word suksesvol hervestig kan word in die natuur en of hulle sal oorleef en aanteel. Hy verduidelik wat die studie behels het, hoe hul die leeus hervestig het en hoe die leeus na net 14 dae self hul prooi gevang het. Daar is selfs n paar nuwe welpies gebore. Dis n hoop-gee storie hierdie.
Shaun Welmans is die Operasionele Bestuurder van Agri Skills. Een van hul fokuspunte in hul kursusse wat aangebied word, is die praktiese toepassing van wat aangeleer is. Daar word binnekort n opedag aangebied vir belangstellendes wat landbou hul beroepskeuse wil maak.
Dankie aan Dr Paul Booyens vir die gebruik van jou fotos.
Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😊