fbpx

“Klimaatsverandering is iets wat ons nie kan wegredeneer nie. Boer elke dag asof dit droogte is, beplan vooruit en bly by jou drakrag-normes. Die natuur is nie soos n kraan wat jy oop en toe kan draai nie, enige kraan wat te lank oopbly se water moet opraak. Maak jou somme op dit wat die natuur jou toelaat” Dit is die goeie raad van Piet Roux van die plaas Biega naby Prieska wat onlangs aangewys is as Veeplaas se Klimaatslimboer vir die jaar 2023. In ons program van 28 Augustus gesels ons met hom oor sy bestuurspraktyke en hoe hy erosie en kaalgronde bestuur.

Carolyn Martin van Creation Wines gesels oor hul geskiedenis en die verskillende wyn wat daar geproduseer word. Creation Wines is onlangs aangewys as die wenner van die tweede jaarlikse Bernard Podlashuk Shiraz SA trofee. Hierdie trofee is vernoem na die ‘vader van SA Shiraz’ en Bernard en sy vrou was baanbrekers wat SA se eerste enkelkultivar-Shiraz in 1956 gebotteleer het. Carolyn sê die natuur is hul inspirasie en dat wetenskap n belangrike rol speel in Creation Wines.

Francois Haasbroek is n raadslid van Shiraz SA. Hy vertel van studies wat gedoen word die afgelope paar jaar tov Shiraz en sê dat die kwlaiteit van Shiraz oor die jare dramaties verbeter het. Hy is optimisties oor die toekoms van Shiraz en die wynindustrie in ons land.

Dankie aan Carolyn Martin en Piet Roux vir die gebruik van jul fotos.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😊

By admin