Pannar is al vir meer as 60 jaar ‘n betroubare ondersteuner van Suid-Afrikaanse boere. Boere speel ‘n waardevolle rol in die lewenskragtigheid van Suid-Afrika se landelike gebiede en die welvaart van ons land. Ons volhard om boere te ondersteun met plaaslike insig, kundigheid en ‘n bewese produkreeks waarmee hulle sukses behaal.
Pannar het sy eerste twee mieliebasters met die PowerCore™ eienskaptegnologie in 2022 bekend gestel.
Die PowerCore™ eienskaptegnologie het die afgelope twee seisoene uitstekende beheer van geteikende bogrondse lepidoptera-plae soos die Mieliestronkboorder (Busseola fusca) en Chilo-boorder (Chilo partellus) gelewer. Die unieke kombinasie van drie Bt-proteïene gestapel met glifo-
saatverdraagsaamheid bied uitstekende beheer van plae en onkruid.
Die uitsonderlike PowerCore™ eienskaptegnologie is in die volgende mieliebasters met uitstekende top-opbrengspotensiaal beskikbaar.
Nuwe geelmieliebasters met PowerCore™ eienskaptegnologie:
Hierdie seisoen spog Pannar se geelmieliebasterpakket met ses basters met die PowerCore™ eienskaptegnologie.
PAN 3P-912PW
Ultravinnige groeiklas (benaderde relatiewe groeiklas: 113 dae); PAN 3P-912PW is geneties heeltemal ‘n nuwe platform met ‘n uitstekende opbrengspotensiaal. Dit versterk Pannar se reeks vir besproeiing en die hoëpotensiaal-oostelike produksiegebiede. Dit is ‘n uitstekende stalmaat vir die PAN 3A-124 platform.
PAN 3P-912PW toon goeie verdraagsaamheid teenoor Noordelike Blaarskroei wat voordelig is vir die opbrengspotensiaal in die omgewings waar hoë siektedruk van dié siekte ervaar word.
PAN 5P-966PW
Medium-vinnige groeiklas (benaderde relatiewe groeiklas: 125 dae); PAN 5P-966PW is die PowerCore™ weergawe in die PAN 5A-166 platform. Die basterplatform het deurgaans uitstekende prestasie oor jare in proewe gelewer en het indrukwekkende top-opbrengsprestasie onder hoëpotensiaal toestande. Die goeie algehele blaarsiekteverdraagsaamheid en meerkoppigheid gee hierdie basters ‘n wye gebiedsaanpasbaarheid.
Nuwe witmieliebasters met PowerCore™ eienskaptegnologie:
Hierdie seisoen brei Pannar se reeks witmieliebasters met die PowerCore™ eienskaptegnologie uit tot vyf basters.
PAN 5P-955PW
Medium-vinnig (benaderde relatiewe groeiklas: 126 dae); ‘n Opwindende nuwe basterplatform vir die westelike produksiegebiede. Hierdie platform sluit ook PAN 5R-555R in en beskik oor goeie staanvermoë en ‘n uitstekende meerkoppigheidsindeks.
Dit is nie geneig om spruite te produseer nie. PAN 5P-955PW se goeie ontkieming en sterk saailinggroeikragtigheid maak dit ‘n uitstekende keuse op die sanderige gronde van die Noordwes-Vrystaat. Hierdie basters beskik ook oor goeie algehele blaarsiekteverdraagsaamheid.
PAN 5P-947PW
Medium-vinnig (benaderde relatiewe groeiklas: 127 dae); PAN 5P-947PW beskik oor uitsonderlike opbrengspotensiaal en baie goeie stabiliteit. Dit is baie goed aangepas by die sanderige gronde van die Noordwes-Vrystaat en die Noordwes-produksiestreke.
Die PowerCore™ eienskaptegnologie verleen aan produsente nuwe geleenthede om hul besigheid se winsgewendheid beter te bestuur. Vir meer inligting oor PowerCore™ eienskaptegnologie kontak asseblief jou Pannar Saad verteenwoordiger.