fbpx

Die wildbedryf is besig om sy kop op te lig, teling van uitstekende genetika gaan nog steeds voort, hul is ‘natuurbewaarders’ in die ware sin van die woord want daar word soos in alle landbou sektore geglo dat ons nageslagte hierdie eeue oue beroep moet laat voortleef. In ons program van 4 Augustus gesels ons met Pieter Ernst van Bona Bona Wildsboerdery. Hy vertel ons meer oor hul telingsprogramme en ekotoerisme wat hul op hul wildsplaas aanbied.

Righardt Bezuidenhout van LB Prokureurs verskaf waardevolle inligting oor Artikel 15 in die wapenwet. Mag jy n wapens wat wat net uitsluitlik vir n jag so elke dan en wan gebruik word, gebruik vir selfverdediging? Luister bietjie na hierdie goeie raad.

Dr Ben Greyling, Snr Navorser by die LNR Diereproduksie op Irene verduidelik waar ons tans in genetika staan teenoor die res van die wêreld.

Deon Furstenburg, Direkteur van AfriWild Services gee goeie raad oor die beplanning wat jy moet doen voordat jy n wildsplaas aankoop of met so n boerdery wil begin.