fbpx

Een van die belangrikste voordele van n vleisbeesboerdery is dat gras omgesit word in n produk wat vir die mens nuttig is naamlik proteïene. n Goed beplande en doelgerigte bestuursplan is nodig om hierdie voordeel te kan benut. Boerdery is mos n besigheid. In ons program van 23 Augustus gesels ons hieroor met Caper Kriel van die Casman Tuli Stoet. Hy boer al meer as 30 jaar met hierdie beesras. Een van die belangrike aspekte in hierdie boerdery is sy beweidingstrategie, jou hulpbron moet opgepas word. En dan sê hy dat jy na jou ‘fabriek’ moet kyk en daarvoor is n ‘versekeringsprogram’ nodig. Dit is in die vorm van sy gesondheidsplan vir sy diere.

Abri Lock van die Locklore Santa Gertrudis stoetery boer naby Schweizer Reneke in die Noord-Wes provinsie. Hy verduidelik hoe hul bestuursplan werk tov hul bulle en hoe hul gebruik maak van hul voerkraal mbt seleksie van bulle. Hy gesels ook oor vleiskwaliteite en karkaseienskappe van hierdie beesras en noem n paar voorbeelde van toetse wat gedoen is tov hierdie kwaliteite.

Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk gesels oor die verskillende soorte Longontsteking, die faktore wat aanleiding gee dat diere hierdie siekte opdoen en beklemtoon die belangrikheid van n koorspen wat byderhand is as n dier se koors geneem moet word. Daaglikse observasie is kernbelangrik.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😊

Tune in to your favorite community radio station or listen to the program on your cell phone or computer using the Landbou Radio SoundCloud link. Farm with joy.

To book an interview, contact us on landbouradiog@gmail.com