“Om betrokke te wees by die opleiding van jongmense in landbou, is n passie en n voorreg”. So sê Herman Kleynhans van die Kleynhans Velde Santa Gertrudis Stoet naby Kroonstad. Hy vertel ons meer oor die Trio Landbouskool op Kroonstad en hul Santa Gertrudis Stoet en die prestasies wat hul die afgelope paar jaar behaal het.
Stephan Cronje van AG Bonsmara Stoet verskaf inligting oor die bestuur van hul vroulike diere en die voorbereiding van hierdie diere voordat hul verkoop word op hul veiling wat binnekort plaasvind.
Prof Frikkie Neser, Hoof van die Veekunde Departement aan die Universiteit van die Vrystaat gesels oor hierdie jaar se Veeskool wat weer plaasvind by Aldam. Hierdie jaar se tema is ‘Bou van n winsgewende koeikudde’
Dr Josef van Wyngaard gesels oor die voorkoming van melkkoors deur korrekte aanvulling in die droeë periode.
Tune in to your favorite community radio station or listen to the program on your cell phone or computer using the Landbou Radio SoundCloud link. Farm with joy.
To book an interview, contact us on landbouradiog@gmail.com