Kudde vooruitgang word gebou op n beginsel van om te meet is om te weet. So sê Johan Odendaal Senior Beoordelaar van SAFJA in ons program van 4 Oktober. Baie produsente verkoop hul kalwers en sien nie noodwendig die eindproduk as hy geslag word nie. Die doel van die karkaskompetisies is om aan die produsent te wys dat gewenste karkaseienskappe op lewendige diere waarneembaar is en hierdie komponente kom bymekaar in die koelkamer. Hy verduidelik hoe n slagstaat werk en watter verskillende kleur rolmerke gebruik word.
Danie van Breda van Ja-Niel Hereford stoetery naby Riebeek-Kasteel gesels oor die karaktereienskappe van hierdie beesras. Hy sê dat hierdie beeste se temperament vir hom uitstaan en as daar n bees is wat ‘woeilig raak’ dan word die bees gedreig met die woorde ‘jy gaan lorrie ry’. Danie gesels ook oor die belang van goeie weidingsbestuur.
Dami Stemmet van die Sumada Charolais stoet naby Senekal praat oor bulbestuur, die gebruik van ingevoerde KI saad en hul streng seleksie wat toegepas word. Dami gesels ook oor die bul DS 200511 wat genomineer is vir die LNR se Nasionale Spesiale Prestasie Toetsklas toekenning.
Russel Clark van HRH Tuli stoet verskaf inligting oor kruisteling en die voordele wat dit inhou. Dis egter belangrik dat goeie beplanning gedoen word om die heel beste resultate te verkry.
Tune in to your favorite community radio station or listen to the program on your cell phone or computer using the Landbou Radio SoundCloud link. Farm with joy.
To book an interview, contact us on landbouradiog@gmail.com