fbpx

Elke vleisbeesprodusent se teelbeleid is uniek tot sy omgewing en die ‘prentjie’ van die dier waarmee hy of sy wil boer. Jy moet weet waarheen jy oppad is met jou boerdery en wanneer daar oor teelwaardes en genetiese verbetering gepraat word dan is dit belangrik dat akkurate inligting gebruik word. In ons program van 29 November gesels ons hieroor met Prof Frikkie Neser, Hoogleraar aan die Universiteit van die Vrystaat. Werk vir jou n seleksie-indeks uit en wanneer jy prestasie toetsing doen, sorg dat jy die resultate in aksie sit.

AJ du Toit van die La Rohne Limousin Stoet naby Tulbach, gesels oor die aanpasbaarheid van hierdie beesras in Suidelike Afrika. Hy praat ook oor genetiese verbetering en hoe die ras gegroei het die afgelope 20 tot 30 jaar.

Dr Ben Greyling, Spanbestuurder en Senior Navorser by die LNR Diereproduksie Kampus gee vir ons terugvoer oor die Nasionale Vleisbeespresteerders Toekenning wat onlangs plaasgevind het. Die wenner van hierdie jaar se Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde is gewen deur die Fredericksburg Angus Stoet net buite Franschhoek.

Frannie du Toit van Turfkuil Drakensbergers gesels oor die bestuur van sy bulle en koeie en Dr Ivan Meyer, Minister van Landbou van die Wes-Kaapse Regering gee vir ons nuus uit hul provinsie.

By admin