fbpx

“Ek glo dat opleiding in landbou noodsaaklik is vir die vooruitgang van landbou en dat n mens jou beste moet doen om jouself te bemagtig om op hoogte te bly met alle vernuwinge in hierdie industrie. Mens kan nie stagneer en niks nuuts probeer aanleer nie.” Dit is die woorde van Chantelle Visser, Matriekleerling van Garies wat n kursus gewen het by Agricolleges International. In ons program van 1 Desember vertel sy ons meer oor hierdie kursus, ‘Opleiding in Landboubestuur’ en hoe sy al spog met haar eie skaap- en boerbokboerdery.

Hendrik Prinsloo, n vyfde geslag jongboer is ook n wenner van n Agricolleges International kursus. Hy het die kursus in Plantproduksie gewen en vertel ons van sy droom om meer te leer oor besproeiing en hoe om winsgewend te boer met onder andere sojabone en mielies.

Laurika du Bois, Bemarkingsbestuurder van Agricolleges International praat oor die kursusse wat gewen is en wat hul aanlynkursusse behels.

Suretha Francis, Senior Veekundige by SA Stamboek praat oor doelgerigte rasverbetering en dat drie dinge daar kernbelangrik is naamlik, beplanning, fokus en uitvoering

Mellisa du Toit, Direkteur van Meljin Energy gesels oor sonkragenergie en verduidelik dat jy jou huiswerk deeglik moet doen voordat jy so n stelsel aanskaf.

By admin