Suid-Afrika het van die beste wolskeerders en hanteerders in die wêreld. Op internasionale vlak het ons menige prestasies behaal. In die handskeer-afdeling van die wêreldskeerkompetisie het ons n hele paar jaar agtermekaar as die wenners uit die stryd getree. Hierdie jaar vind die kompetisie plaas in Skotland en ons Suid-Afrikaanse skeerspan word gekies tydens die Bloemskou. In ons program van 26 Januarie gesels ons hieroor met Izak Klopper, Bestuurder Skeerderopleiding van die NWKV. Hul kort sowat 400 skaap wat vir die SA kampioenskappe beskikbaar gestel word om geskeer te word. Dit sal ook dien as opleiding en voorbereiding vir die wêreldkompetisie.
Hertie Lerm van Lazarus Game Farm gesels oor hul wildebees, springbok en blesbokteelprogramme. Hy verskaf ook inligting oor hul Renoster Bewarings Trust wat n nie-winsgewende organisasie is.
Dr Heinri Spangenberg van Westside Enterprises praat oor presisievoeding en die formulering van spoorminerale. Hy maan dat ons katvoet moet moet wees vir ‘wilde’ aanbevelings. Gebruik die regte bron van spoorelemente.
Duvan Papenfus, Kliënte en Diensbestuurder by Agri-Alert verduidelik dat hul produkte deeglik getoets word en dat hul produkte n volle 2 jaar waarborg dra. Hul het ook n na-uur-noodlyn.
Mellisa du Toit, Besturende Direkteur van Meljin Energy verduidelik hoe hul die skakeling doen tussen die kliënt wat sonkragstelsels wil bekom en die verskaffers van die stelsels. Pryse word vergelyk en al die nodige aansoeke by Eskom ens word deur Meljin gedoen.