fbpx

Blaarslaai is vir die eerste keer deur die antieke Egiptenare gekweek sowat 700 VC en die eerste kultivars is in die jare 1800 beskryf. In ons program van 30 Januarie gesels ons hieroor met Derek Hallendorf Area Bestuurder Kusgebiede en Verkoopsbestuurder by Rijk Zwaan. Hy gesels oor hul Salanova blaarslaaireeks, hoe kultivars ontwikkel word en die voedingswaarde van blaarslaai.

Prof Driekie Fourie, verbonde aan die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by die NWU. Sy gesels oor die belangrik grond en wortelgesondheid om optimale opbrens en voedselsekuriteit te verseker. Ons kan grond nie vermeerder nie en moet dus verantwoordelik met ons grond werk.

Isobel van der Stoep, Landbou Ingenieur by Cherry Irrigation praat oor verskillende besproeiingstelsels en hoe om die regte keuse te maak. Kyk watter tipes beskikbaar is vir jou boerdery. Daar is vloed, bewegende en statiese stelsels. Laat n kundige jou help om die regte stelsel vir jou behoeftes te ontwerp.

Koos Coetzee, Grondchemikus en privaat consultant gesels ook oor grond en die samestelling van gesonde grond. Grond kan beskryf word as n 3-fase sisteem, die vaste fase, vloeistof en gas fase. In gesonde grond moet die verhouding tussen die 3 fases die volgende wees, 50% vaste fase, 25% vloeistof en 25% gas. Grondkompaksie kom voor wanneer die vaste fase meer as 50% is.

By admin