fbpx

Kompaksie is n meganiese metode om suurstof uit die kuilvoer te haal. Wat belangrik is, is die konsep van kompaksie spoed. Hoe vinniger die proses plaasvind hoe beter is die kwaliteit van die kuilvoer. In ons program van 9 Februarie gesels ons hieroor met Richardt Venter, Direkteur van AgSci Unlimited. Hy gesels ook ook sisteme wat nie so baie fokus op kompaksie nie soos byvoorbeeld die gebruik van silosakke en die voordele van hierdie metode.

Dr Gavin Robinson, Direkteur van Curo Pumps gesels oor die proses wat gevolg word wanneer jy n boorgat wil laat sink op jou plaas. Die eerste stap is om te bepaal wat jou behoefte is, hoeveel water jy nodig het, en waar die boorgat moet wees. Dr Gavin sê; “die natuur vertel altyd vir jou n storie” so ken jou plaas.

Londiwe Tabet, Bestuurder Bemarking en Agri Besighede by die Wes-Kaapse Departement van Landbou verduidelik hoe hul produsente help om markte te ontgin as hul hul produkte wil uitvoer. Sy gesels ook oor die moets en moenies tov uitvoere.

Dr Caro Labuscagne, Tegniese en Projekbestuurder by Afrivet praat oor Knopvelsiekte, die simptome en die behandeling van die siekte.

By admin