fbpx

In Suid-Afrika is daar twee soorte heuningbye naamlik die Kaapse heuningby en die Afrika heuningby. In Afrika is daar ongeveel 16 ander soorte heuningbye. n Derde van ons voedselvoorraad wêreldwyd word deur bye bestuif dus speel die heuningby n belangrike rol in voedsekuriteit. In ons program van 16 Februarie gesels ons met Elize Mundal–Magnuson, Navorser by die LNR Plantgesondheid en Beskerming kampus hieroor. Sy het goeie nuus oor n simposium wat in Maart gehou word deur Apimondia. Byeboere, navorsers, en almal wat meer wil weet oor byeboerdery moet hierdie geleentheid nie misloop nie.’

Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk verskaf inligting oor Haarwurm en n bestuursprogram om hierdie parasiet te beheer. #afritvsa Agri TV

Dr Danie Visser, Direkteur van Juventis Genetrade praat oor die boustene van n varkboerdery en Dr Laura Roberts, Staatsveearts verbonde aan die Wes-Kaapse Dept van Landbou gee terugvoer oor die beheer van Afrika-varkpes.

By admin