Inheemse Veldbokke is eie aan Suid-Afrika. Die ras bestaan uit vier eko-tipes naamlik die Kaapse Skilder, Nguni, Kunene en Kaapse Hangoor bokke. Hierdie bokke is bekend vir hul gehardheid teen siektes, hul vrugbaarheid en oorleef gemaklik in ons Suid-Afrikaanse veldtoestande. In ons program van 22 Februarie gesels ons hieroor met Marené van der Walt van die Gelykfontein Inheemse Veldbok boerdery. Sy vertel ons dat haar pa een van die stigterslede van die Genootskap was en waarom die bokke oor die jare n gewilde keuse geword het vir bokboere
Dirk Lourens van Dirsan Game boer net buite Bloemfontein met wild. Hy boer ook met Inheemse Veldbokke. Op die vraag oor hoe wildsboerdery en die Inheemse Veldbok ‘in mekaar skakel’, is die antwoord dat alle wildsplase ook van hierdie bokke op hul plase moet hê. Die Nasionale IVB Veiling vind vroeg in Maart plaas tydens die Bloemskou. Maak seker dat jy vir jou n bok of 2 aanskaf.
Deon Vlok van die plaas Rietmondspoort naby Calvinia boer onder andere met Damaraskape asook Kunene Inheemse Veldbokke. Hy verduidelik hoe hy die verskillende kleinveerasse bestuur en dan gesels ons ook met Rudi Slabbert van die Karsten Boerbokstoet. Seleksie en teling is hoog op hul prioriteitslys.
Dr Johnny vd Merwe, Direkteur van AMT verskaf inligting oor die jongste graan en lewendehawe pryse.