fbpx

Na n teelseisoen word daar gewoonlik dragtigheidsondersoeke gedoen. Wanneer daar bevind word dat daar n swak besetting is, dan moet die fout gevind word. Gewoonlik is dit dan al te laat omdat die teelseisoen dan alreeds verby is. In ons program van 23 Februarie gesels ons met Dr Danie Odendaal, Direkteur van Veeartsnetwerk hieroor. Hy praat oor reproduksie probleme en die belang van hitte-waarneming en aantekening daarvan. #Agritvsa @AgriTV

Maretha Vermaak, Dieetkundige Verbruikersopvoeding by Melk SA gee goeie raad oor die aankoop van melk en melkprodukte binne n beperkte gegroting. Moenie suiwel uit jou diet sny omdat die finansies knyp nie, daar is n plan of twee te maak.

Dr Gerhard Verdoorn, Operasionele en Rentmeesterskapbestuurder van Croplife SA praat oor die rol wat Waaierstertmeerkatte speel in die natuur en hul belang op jou plaas.

Paul Aucamp, Direkteur van Vaalkrans Game gesels oor Blesbokke, kleurvariante van hierdie spesie en hoe hul bestuur moet word. Hy bespreek ook die Bontebok. Daar is n wetenskaplike studie gedoen tov die Bontebok en sy habitat. Hier gee ons Deon Furstenburg, Direkteur van Afri Wild Services n ekstra pluimpie vir sy hoed.

By admin