fbpx

Dit is belangrik om ‘op te let in die klas’ want as dit by veeboerdery kom dan is daar baie inligting wat oorgedra word van een generasie na n ander, inligting wat nie in boeke opgeteken staan nie. Baie van hierdie inligting is lesse wat geleer is so met die verloop van jare se ondervinding. In ons program van 1 Maart vertel Marené van der Walt van die Gelykfontein Inheemse Veldbok Boerdery hoe haar pa met hierdie bokke begin boer het. Oom Schalk is een van die stigterslede van die IVB Genootskap.

Dr Lorinda Frylinck, Navorsingsprogram Bestuurder by die LNR Vleiswetenskappe kampus op Irene verskaf inligting oor navorsing wat gedoen word tov die genetiese samestelling van die verskillende Inheemse Veldbok eko-tipes. Daar is heelwat inligting wat al versamel is en die nuutste inligting sal bekend gemaak word op die IVB Nasionale Veiling te Bloemfontein tydens die Bloemskou.

Leon de Beer, Hoofbestuurder van NWKV praat oor Johne Siekte en die moontlike afgradering van die siekte van n beheerde siekte na n aanmeldbare siekte en Urbanus Badenhorst, Bemarkingsbestuurder van Lubern Voere verskaf inligting oor kritiese periodes in die skaap se produksie siklus en die rol wat voeding speel.

Dr Johnny vd Merwe, Direkteur van AMT praat oor die jongste graan en lewendehawe pryse.

By admin