fbpx

“Dit is bekend dat daar verskillende beertipes of beerlyne in die varkbedryf gebruik word naamlik moederlyn bere en terminale bere. Moederlyn bere word gebruik om soggies met uitstaande moedereienskappe te teel en die bekendste van hierdie rasse is die Grootwit en die Landras. Terminalelyn bere word in kommersiële kuddes gebruik om slagvarke te teel.” So sê Dr Albert Schutte, Tegniese en Genetiese Bestuurder, Alzu Pig Genetics, H/a PIC SA. In ons program van 10 Augustus vertel hy ons meer van semen of saadbestuur, hoe die semen geëvalueer word en waaruit die verdunningsmiddel bestaan. Dr Albert verskaf ook inligting oor genetiese vordering wat oor die laaste jare gemaak is in die varkbedryf

Keith Ramsay, Afgetrede Dierwetenskaplike gesels oor die Senepol beesras, die ontstaan van die ras en die groei in die beesras oor die afgelope paar dekades. Hy gesels ook oor die belangrikste eienskappe van die Senepol bees en voordele wat hul inhou in n kommersiële vleisproduksiestelsel.

Mario Vester is die Senior OEM Ingenieur by Engen Lubricants. Hy verskaf inligting oor Dieselube 700 Super en verduidelik dat hierdie verbeterde produk voordele inhou vir trekkers en implimente op jou plaas. Volhoubare omgewingsbewaring is vir Engen baie belangrik en kliëntediens is hoog op hul prioriteitslys.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😊

By admin