fbpx

Onkruidbeheer is n toenemende probleem regoor die wêreld. Wisselbou is een van die hoekstene van goeie onkruidbeheer. In ons program van 14 Augustus gesels ons hieroor met Dr Maryke Crayven, Senior Navorser by die LNR. Geïntegreerde onkruidbestuur is belangrik en dit verg goeie bestuursvermoë van die produsent. Lees die etikette en volg die instruksies noukeurig. As jou voetspore elke dag in jou landerye te vind is, dan kan onkruid vroeg-vroeg sy moses teëkom.

Prof James Blignaut van die Universiteit Stellenbosch gesels oor die voordele van regeneratiewe landboupraktyke. Gesonde grond, gesonde voedsel , gesonde mense…dit is die doelstelling wat bereik moet word. Fokus op die restourasie van die grond. Sukses word nie in een dag bereik nie maar as jy vandag tree vir tree daarmee begin dan sal jy oor tyd die resultate begin sien.

Urbanus Badenhorst van Lubern Voere verskaf inligting oor hoe om optimale produksievlakke van minerale en vitamien aanvullings in voeding te handhaaf. Dit is die boustene van produksieprosesse en is belangrik vir immuniteit, reproduksie en vrugbaarheid.

Skakel gerus in op jou gunsteling gemeenskapsradiostasie of luister saam op jou selfoon of rekenaar dmv SoundCloud. Groetnis 😊

By admin