fbpx

Read in magazine

Bekamp blaarmyner, aartappelmot, en Tuta absoluta

Die gewasbeskermingsbedryf is wêreldwyd onder druk om veiliger chemie te gebruik en ’n meer verantwoordelike benadering tot plaagbeheer te volg. SPINOSIN 480 SC, met die aktiewe bestanddeel spinosad, voldoen aan al dié vereistes.

Wat is spinosad?

Spinosad, die aktiewe bestanddeel van SPINOSIN 480 SC, is bekend vir sy goeie werking op Lepidoptera en ander insekplae in verskeie gewasse. Spinosad is ontwikkel uit die Actinomycetes-bakterieë (Saccharopolyspora spinosa) deur ’n fermentasieproses baie soortgelyk aan die meer bekende Bacillus thuringiensis-materiaal. Wat spinosad in ’n heel ander klas sit as die gewone chemie is die feit dat dit baie veilig is vir bye, parasitiese wespes en ander voordelige insekte sodra dit droog is. Dit beteken ons kan hierdie chemie gebruik waar meeste ander glad nie gebruik kan word.

Hoe werk spinosad?

Spinosad is ’n nie-sistemiese maar wel translaminêre aktiewe bestanddeel. Dit het ’n baie breë spektrum insekbeheer in aartappels, onder meer bolwurm, aartappelmot, Tuta absoluta asook blaarmyners, wat beteken minder mengsels van verskillende produkte word benodig om al die belangrike plae te beheer.

Daar is baie min tot geen weerstandigheid teen dié aktief en die beste resultate word gesien waar probleem-insekte dit opneem deur dit te vreet; dit het ook ’n matige kontakwerking. Dit is ook alombekend dat sekere insekte weerstandbiedend is teen piretrioïede;SPINOSIN 480 SC pas perfek in by hierdie tipe gevalle.

Praktiese gebruik

SPINOSIN 480 SC het ’n kort onthoudingsperiode van 7 dae in aartappels, wat laatseisoentoedienings moontlik maak. SPINOSIN 480 SC is ook

onder andere geregistreer vir tamaties, canola en kool en kan op ’n groot verskeidenheid gewasse toegedien word.

SPINOSIN 480 SC word aanbeveel teen 150 tot 300 ml/ha met ’n minimum van twee agtereenvolgende spuite elke 7 tot 10 dae. Dit is belangrik om genoegsame water toe te dien om goeie bedekking te verseker en die toevoeging van DIRECT teen 50 tot 100 ml per 100 liter water word aanbeveel. INTERLOCK® teen 250 ml/ha is ook altyd voordelig in enige toediening vir beter bedekking en penetrasie.

Gebruik SPINOSIN 480 SC in jou aartappel-aanplantings vir maklike beheer van moeilike insekte.

Albert Potgieter, Landboukundige (Villa)

By Editor